Supersoniese snelheid

'n F/A-18E/F Super Hornet van die Amerikaanse vloot in transoniese vlug.
’n F/A-18 nader die klankgrens.[1][2]
’n Voorwerp breek deur die klankgrens en omdat dit vinniger as die klankgolwe beweeg, lei dit as 't ware die golf. Die voorwerp sal verby ’n waarnemer wees teen die tyd dat die klank hom bereik.

Supersoniese snelheid is ’n spoed van ’n voorwerp wat die spoed van klank (Mach 1) oortref. Vir voorwerpe wat by seevlak in droë lug van 20 °C vlieg, is dié snelheid sowat 343 meter per sekonde (m/s), 667 knope of 1 235 km/h. Snelhede van meer as vyf keer die spoed van klank (Mach 5) word dikwels hipersonies genoem. Vlugte waar net dele van die lug om ’n voorwerp, soos die punte van rotorlemme, supersoniese snelhede bereik, word transonies genoem. Dit is gewoonlik tussen Mach 0,8 en Mach 1,23

  1. APOD: 2007 Augustus 19 – A Sonic Boom
  2. "F-14 Condensation cloud in action". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2007. Besoek op 10 September 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne